Beeldhouer

'n Digter vorm beelde uit woorde.


Beeldhouer

Luister die kunslied

Gedig
Johann Jordaan
Musikale verwerking
Gideon Jordaan
Kunswerk
Gideon en KI

Gedig

Die digter hou en kap en kap en klink
-sy beiteltjie is skerp-
tot uit die woordeklip verskyn 
'n meisie met 'n serp

of uit die woeste oorloglug
'n tenk, 'n man te perd
geweersoldaat se laaste sug,
of held wat voorwaarts veg...

Hy help onthou en inspireer
staan reg om vas te vang
'n volk se stryd, verlies of eer
of menswees, klein en bang

Selfs in die stryd sien hy iets moois:
'n veld met rooi papawers.
Of Auswitz; grys, in mis gehul:
'n berg van kaal kadawers.

Net hy sien lyne dig in klip
sy werk is rym en ritme
werp nuwe lig op goed wat glip
sy kap is klank

en stilte

Notas

Geen notas