Gletser

'n Mymering oor die lewe


Gletser

Luister die kunslied

Gedig
Johann Jordaan
Musikale verwerking
Gideon Jordaan
Kunswerk
Gideon en KI

Gedig

Sal ek ook soos 'n gletser knars
en kreun van pyn en skeur
en stadig wegtrek, smelt en kwyn;
oor klippe afwaarts beur?

Rou is die sleepsel teen die hang
Sleur alles met hom saam
En agter bly net koue grond
waar hierdie oerskuif gaan

Sal ek oor jare kleiner word
aldeur myself verloor
van onder terugkyk; sien daar wei 
nou koeie in my spoor...

Sou ek ook vreemd vervulling vind
terwyl ek stadig sterf
en weet daar's iets hier naby ver
vir ander om te erf.

Notas

Geen Notas