Met die maan gepla

'n Gedig oor 'n kunstenaar se perspektief.


Met die maan gepla

Luister die kunslied

Gedig
Johann Jordaan
Musikale verwerking
Gideon Jordaan
Kunswerk
Sonja Burger

Gedig

Daar’s nie klippe op die maan nie
want die maan is mos van kaas;
en van woorde en van klanke
en van ligte glinsterdans

Maar die ondermaans is klippig – 
Hy’s boosaards en hy’s hard – 
en die ondermaans is grys en bruin
en bruin en grys en swart

Maar die maan – hy’s esoteries
want die maan is mos bo-aards
en die maan is vol nuanses
en hy fluister in my hart

Notas

Hierdie is ‘n poging tot ‘n kunsteoretiese vers. Die kunstenaar is effens wêreldvreemd en beleef die aarde as ongenaakbaar en hard, terwyl hy sterk identifiseer met die maan wat simbool is van kuns in al sy vorme, onder andere Skryfkuns (“woorde”), Musiek (“klanke”), Visuele kuns (“glinster”) en beweging (“ligte glinsterdans”). Kunsteorie is die studie van die beginsels, betekenisse, en waardes van kuns. Dit probeer verstaan wat kuns is, hoe dit gemaak word, waarom mense dit maak, en hoe kuns deur die samelewing en geskiedenis geïnterpreteer word.